Bugs Bunny

Bugs Bunny
Standbeeld van Bugs Bunny in Chittagong, Bangladesj.
Standbeeld van Bugs Bunny in Chittagong, Bangladesj.

Skepping
Eerste verskyning Porky's Hare Hunt (Vroeë weergawe) 30 April 1938
A Wild Hare (Amptelike weergawe) 20 Julie 1940
Geskep deur Ben Hardaway, Cal Dalton (prototipe)
Tex Avery (amptelik)
Stem Mel Blanc (1940–1989)
Jeff Bergman (1990–1992, 2003, 2011–hede)
Greg Burson (1991–1997)
Billy West (1996–2006)
Joe Alaskey (2000–2011)
Samuel Vincent (2001–2006)
Inligting
Spesie Konyn of haas
Geslag Manlik
Ander familie Honey Bunny (1966-1996)
Lola Bunny (1996-hede)
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State

Bugs Bunny is 'n haas in 'n strokiesprent wat gaande is oor wortels.[1] Die karakter is deur Warner Bros vir hulle tekenreekse Looney Tunes en Merrie Melodies geskep, en het een van die bekendste tekenfilmfigure ter wêreld geword.[2]

Bugs is veral bekend vir die frase "What's up, doc?" (in 'n New Yorkse aksent) wat die eerste keer op 27 Julie 1940 in A Wild Hare gehoor is. Bugs verskyn egter al in 1938 in 'n fliek van Porky Pig: Porky's Hare Hunt. Sedert sy debuut is Bugs in talle kortfilms, speelfilms, TV-reekse, strokiesprente, videospeletjies, pretparkritte en advertensies gebruik. Hy was die tweede tekenkarakter (na Mickey Mouse) om 'n ster op die Hollywood Walk of Fame te ontvang.[3]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. "Most Portrayed Character in Film". Guinness World Records (in Engels). Mei 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Februarie 2012. Besoek op 7 Mei 2017.
  3. "Bugs Bunny" (in Engels). Hollywood Chamber of Commerce. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 28 Junie 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search